5 Die Here sê: “Ek sal hulle beskerm. Ek sal vir hulle soos ’n muur van vuur wees wat om hulle gebou is. Binne-in die stad sal hulle weet dat Ek daar is. Hulle sal weet dat Ek groot en sterk is.”
6 Die Here sê: “Maak dat julle wegkom uit die noorde. Ek is daarvoor verantwoordelik dat julle in al vier die windrigtings verstrooi is.
7 Julle wat in Babilonië bly, maak dat julle daar wegkom. Vlug na Jerusalem toe terug!”
8 Die Here het mag oor alles en almal. ’n Mens voel sy magtige teenwoordigheid aan. Hy is die Een wat my met ’n boodskap na die nasies stuur wat julle onderdruk het. Hy sê: “Julle is my oogappel. Van al die dinge wat Ek het, is julle die kosbaarste. Wie aan julle vat, vat aan wat vir My belangrik is.
9 Ek sal self teen hierdie nasies baklei. Hulle slawe sal hulle base word.” Julle sal weet dat die Here my gestuur het wanneer die dinge wat ek gesê het, waar begin word.
10 Die Here sê vir die mense van Jerusalem: “Sing en wees bly, want Ek kom weer onder julle bly.”
11 In dié tyd sal baie van die nasies kant kies vir die Here. Hulle sal dan deel wees van die mense wat aan Hom behoort. Die Here belowe dat Hy in Jerusalem sal bly. Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, sal julle weet dat ek goed nie uit my duim uitsuig nie. Dit is die Here wat my gestuur het.