8 Die engel het gesê: “As julle na haar kyk, sien julle alles wat sleg is.” Hy het haar in die mandjie teruggestamp en die swaar deksel toegemaak.
9 Toe ek weer opkyk, sien ek twee vroue met vlerke wat aangevlieg kom. Hulle het in die wind gesweef. Hulle vlerke het soos ’n ooievaar s’n gelyk. Hulle het die mandjie opgetel en daarmee weggevlieg die lug in.
10 Ek het vir die engel gevra: Waarheen vat hulle die mandjie?
11 Hy het geantwoord: “Babel toe. Hulle gaan daar ’n tempel vir die mandjie bou. As die bouwerk klaar is, beplan hulle om die mandjie daarin te sit.”