1 Ek het weer ’n droom gehad. Vier oorlogswaens het tussen twee berge uitgekom. Die berge het so ’n koper kleur gehad.
2 Die eerste oorlogswa is deur twee bruin perde getrek. Twee swart perde was voor die tweede oorlogswa.
3 Voor die derde oorlogswa was daar wit perde, en bont perde voor die vierde strydwa. Die perde was almal baie sterk.
4 Ek het vir die engel gevra: Meneer, wat beteken die droom wat ek gehad het?
5 Sy antwoord was: “Dit is vier winde wat van die hemel af kom. Die Here het hulle gestuur. Hulle gaan in verskillende rigtings.
6 Die oorlogswa met die swart perde gaan in ’n noordelike rigting. Dié met die wit perde gaan weswaarts. Die oorlogswa met die bontes voor gaan in ’n suidelike rigting.”