2 Die eerste oorlogswa is deur twee bruin perde getrek. Twee swart perde was voor die tweede oorlogswa.
3 Voor die derde oorlogswa was daar wit perde, en bont perde voor die vierde strydwa. Die perde was almal baie sterk.
4 Ek het vir die engel gevra: Meneer, wat beteken die droom wat ek gehad het?
5 Sy antwoord was: “Dit is vier winde wat van die hemel af kom. Die Here het hulle gestuur. Hulle gaan in verskillende rigtings.
6 Die oorlogswa met die swart perde gaan in ’n noordelike rigting. Dié met die wit perde gaan weswaarts. Die oorlogswa met die bontes voor gaan in ’n suidelike rigting.”
7 Die perde was sterk en vol energie. Hulle was lus om weg te spring om die patrollies oor die aarde te ry. Die Here het gesê: “Gaan ry kruis en dwars oor die aarde!” Hulle het uitgegaan om die wêreld mooi deur te kyk.
8 Die Here het my geroep en vir my gesê: “Die oorlogswa wat noord gery het, bring my Gees daarnatoe. Ek weet nou dinge sal daar onder beheer wees.”