1 Die Here se straf.Die Here sê die volgende oor die land Gadrak en oor die stad Damaskus: Die hele wêreld se oë is op wat die Here doen, nie net die stamme van Israel nie.
2 Wat Hy te sê het, is ook bedoel vir Hamat, Damaskus se buurstad. Dit raak selfs ook die stede Tirus en Sidon, al dink hulle ook hulle mense is so slim en handig.
3 Die mense van Tirus het vir hulle ’n baie veilige wegkruipplek gebou. Verder het hulle ook baie silwer en goud bymekaargemaak. Dit is so baie dat dit amper net soveel soos die stof en die modder in die strate is.
4 Maar kyk wat gaan gebeur. Die Here gaan al Tirus se rykdom en skatte wegvat en dit in die Middellandse See gooi. So sal Hy die mag van die stad breek. Daarna sal die stad in ’n brand verwoes word.