10 en die hele skare mense was buite, besig om te bid op die tyd wat die wierook aangesteek word.
11 Daar verskyn toe aan Z’kharyah ’n boodskapper van יהוה, aan die regterkant van die wierookaltaar.
12 Z’kharyah was ontsteld toe hy hom sien; vrees het hom oorval
13 en die boodskapper sê vir hom: “Moenie bang wees nie Z’kharyah, want jou gebed is gehoor; jou vrou Elish’va sal vir jou geboorte gee aan ’n seun en jy moet hom Yoganan noem
14 en daar sal vir jou blydskap en vreugde wees en baie sal bly wees oor sy geboorte,
15 want hy sal groot wees voor יהוה: Hy mag geen wyn en sterk drank drink nie en hy sal vol wees van die Gees van Afsondering reeds vanaf sy moeder se baarmoeder af
16 en hy sal baie van die kinders van Yisra’el laat terugdraai na יהוה, hulle GodMal 3:24 en dié wat nie oortuig is nie, tot die kennis van die Regverdige Een, om vir יהוה ’n volk voor te berei wat volmaak is.”