18 Z’kharyah sê vir die boodskapper: “Hoe sal ek weet dat dit so is, want ek is oud en my vrou is al ver gevorderd in jare?”Open 8:2 en ek is gestuur om met jou te praat en vir jou hierdie boodskap te bring.
19 Die boodskapper antwoord en sê vir hom: “Ek is Gavri’el, wat staan in die Teenwoordigheid van God
20 Van nou af sal jy stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur omdat jy my woorde, wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”
21 Die mense wat buite staan het vir Z’kharyah gewag en het gewonder oor die vertraging in die tempel,
22 maar toe hy uitkom en nie met hulle kon praat nie, het hulle verstaan dat hy ’n visioen in die tempel ervaar het. Hy het stom gebly en aangehou om deur tekens en gebare met hulle te kommunikeer.
23 Toe die tydperk van sy diens vervul is, het hy huis toe gegaan.
24 Dit was na hierdie tyd dat Elish’va, sy vrou, swanger geword en haarself vir vyf maande afgesonder en gesê het: