50 en Sy liefdevolle omgee is vir altyd, van geslag tot geslag vir dié wat Hom respekvol vrees.
51 Hy het oorwinning gebring deur Sy arm. Hy verstrooi dié wat trots is in die opinies van hulle verstand, wil en emosie.
52 Hy gooi magtiges neer van trone af en het die nederiges opgelig.
53 Hy het die wat honger is, gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.
54 Hy het Sy dienskneg, Yisra’el, gehelp en het Sy aktiewe omgee onthou
55 soos Hy vir ons vaders gesê het; aan Avraham en sy nageslag tot in ewigheid.”
56 Miryam het ongeveer drie maande by Elish’va gebly en teruggegaan na haar huis toe.