53 Hy het die wat honger is, gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.
54 Hy het Sy dienskneg, Yisra’el, gehelp en het Sy aktiewe omgee onthou
55 soos Hy vir ons vaders gesê het; aan Avraham en sy nageslag tot in ewigheid.”
56 Miryam het ongeveer drie maande by Elish’va gebly en teruggegaan na haar huis toe.
57 Dit was tyd dat Elish’va sou geboorte gee en sy het geboorte gegee aan ’n seun.
58 Toe haar bure en familie gehoor het dat die Meester se liefdevolle omgee groot was vir haar, was hulle verheug saam met haar
59 en op die agtste dag het hulle gegaan om die kind te besny en hulle wou hom Z’kharyah noem, na die naam van sy vader