66 Almal wat dit gehoor het, het dit in hulle gedagtes oordink: “Wat gaan hierdie seun word?” Die hand van יהוה was met hom.
67 Z’kharyah, sy vader, is gevul met die Gees van Afsondering en het geprofeteer en gesê:Ps 41:14; Ps 72:18; Ps 106:48 wat Sy volk besoek en hulle losgekoop het
68 “Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el,
69 en ’n horing van bevryding vir ons opgewek het in die huis van Dawid, Sy dienskneg,
70 net soos Hy gesê het deur die mond van Sy afgesonderde profete van ouds af aan:
71 dat Hy ons van ons vyande en uit die hand van almal wat ons haat sal red.
72 Hy het Sy liefdevolle omgee vir ons vaders gewys en Sy afgesonderde verbond onthou;