28 Yeshua sê vir hom: “Jy het reg geantwoord; doen dit en jy sal lewe.”
29 Hy wou homself egter onskuldig verklaar en sê vir Hom: “En wie is my medemens?”
30 Yeshua sê vir hom: “’n Sekere man het afgegaan vanaf Yerushalayim na Yerigo en boewe het hom aangeval, hom beroof, geslaan en hom half dood gelos en weggegaan.
31 Dit het gebeur dat ’n sekere priester met daardie pad afgekom het en toe hy hom sien, het hy verbygegaan
32 en net so het ook ’n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en verbygegaan,
33 maar ’n sekere man van Shomron wat op reis was, het op hom afgekom en toe hy hom sien, het hy vir hom omgegee
34 en na hom toe gegaan, sy wonde verbind en olyfolie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie dier geplaas en hom na ’n herberg gevat en vir hom gesorg.