28 Hy sê vir haar: “Gelukkig is hulle wat die boodskap van God hoor en dit doen.”
29 Toe die skare saamdrom, begin Hy en sê: “Hierdie geslag is boos; dit soek na ’n teken en geen teken sal aan hul gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Yonah,Mat 12:40
30 want net soos Yonah ’n teken geword het vir die mense van Ninveh, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag.
31 Die koningin van die suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel, want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Shlomo te hoor en let op, meer as Shlomo is hier!
32 Die manne van Ninveh sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel, want hulle het deur die verkondiging van Yonah berou gehad en verander en let op, meer as Yonah is hier!
33 Niemand steek ’n lamp op en sit dit in ’n geheime plek of sit dit onder die mandjie nie, maar op die lampstaander sodat dié wat inkom, sy lig kan sien.
34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan helder is, is jou hele liggaam ook verlig, maar as dit boos is, is jou liggaam vol duisternis.