1 Terwyl ’n groot menigte van mense bymekaargekom het sodat hulle mekaar vertrap het, begin Yeshua om vir Sy studentevolgelinge te sê: “Eerstens moet julle versigtig wees onder julleself vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is, hulle vals toneelspel.
2 Daar is niks weggesteek wat nie openbaar sal word nie en geheim wat nie bekend sal word nie.
3 Alles wat julle in die donker sal sê, sal in die lig gehoor word en wat julle in die binnekamers in die ore gefluister het, sal op die dakke verkondig word,
4 maar Ek sê vir julle, My vriende: moenie bang wees vir hulle wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie,
5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, die outoriteit het om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!