13 ’n Man uit die skare sê vir Hom: “Leermeester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel.”
14 Yeshua sê egter vir hom: “Man, wie het My as regter of verdeler oor julle aangestel?”
15 Hy sê vir Sy studentevolgelinge: “Wees versigtig vir begeerlikhede, want lewe bestaan nie uit die oorvloed van besittings nie.”
16 Hy vertel vir hulle hierdie vergelykende storie: “ ’n Sekere ryk man se grond het baie voortgebring
17 en hy het by homself gedink en gesê: ‘Wat sal ek doen, want ek het geen plek waarin ek my oes kan bymekaarmaak nie?’
18 Hy sê: ‘Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter skure bou en ek sal al my opbrengste en my goed daarin bymekaarmaak
19 en ek sal vir myself sê: “Jy, jy het baie goed wat gestoor is en wat baie jare sal hou; rus, eet, drink en wees vrolik.”’