21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte bymekaarmaak en nie ryk is in God nie.”
22 Hy het vir Sy studentevolgelinge gesê: “Ek sê daarom vir julle: moenie angstig wees oor julle lewe nie, oor wat julle sal eet, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie.
23 Die gees is belangriker as kos en die liggaam as klere.
24 Let op die kraaie, want hulle saai nie en hulle oes nie; hulle het geen opgaarplek of skuur nie en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
25 Wie onder julle kan, deur ywerig te wees, een el by sy lengte bysit?
26 As julle dan nie eens die kleinste kan doen nie, waarom probeer julle vir julleself sorg in die ander dinge?
27 Let op hoe die lelies groei: hulle werk nie en hulle spin nie en Ek sê vir julle, selfs Shlomo in al sy eer en lof was nie aangetrek soos een van hulle nie.Ps 103:15,16 hoeveel keer beter is Hy nie vir julle nie, julle met min vertroue!