28 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so aantrek,
29 Julle moet ook nie angstig wees oor wat julle sal eet of drink nie en julle moenie onrustig wees daaroor nie,
30 want al hierdie dinge soek die volke van die wêreld en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
31 Soek in plaas daarvan die Koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle bygesit word.
32 Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het dit gewil om aan julle die Koninkryk te gee.Ya’ 5:3
33 Verkoop julle besittings en gee aan die behoeftiges; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, belê in die onfeilbare in die hemel, waar geen dief naby kom of mot dit vernietig nie,
34 want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.