33 Verkoop julle besittings en gee aan die behoeftiges; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, belê in die onfeilbare in die hemel, waar geen dief naby kom of mot dit vernietig nie,
34 want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.
35 Laat julle heupe vasgegord wees en julle lampe aan die brand.
36 Julle moet wees soos mense wat op hulle meester wag wanneer hy van die huwelik af terugkom sodat as hy kom en klop, hulle dadelik vir hom kan oopmaak.
37 Baie gelukkig is daardie slawe vir wie hulle meester waaksaam sal vind as hy kom. Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy heupe vasgord en hulle aan tafel laat skuinslê en hulle kom bedien
38 en as hy in die tweede of in die derde wagskof kom, gelukkig is daardie slawe wat hy só kry,
39 maar verstaan dít: as die eienaar van die huis geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy waaksaam gewees het en nie in sy huis laat inbreek het nie.