41 Shim’on Kefa sê vir Hom: “Ons Meester, vertel U hierdie vergelykende storie vir ons of ook vir almal?”
42 Yeshua sê vir hom: “Wie is dan die betroubare en wyse bestuurder wat die meester oor sy huishouding sal aanstel om vir hulle hul deel op die regte tyd te gee?
43 Baie gelukkig is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.
44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,
45 maar as daardie slaaf in sy hart sê: ‘My meester neem tyd om te kom’ en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan en begin eet, drink en dronk word,
46 dan sal die meester van daardie slaaf kom, op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en in ’n oomblik dat hy dit nie weet nie en hy sal hom afsny en sy deel bereken by dié sonder vertroue.
47 Daardie slaaf wat die wil van sy meester geken het en nie vir hom voorberei het volgens sy wil nie, sal met baie slae geslaan word,