1 In dieselfde tyd was daar mense wat Hom vertel het van die mense van die Galil, wie se bloed Pilatos gemeng het met hulle offers
2 en Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dink julle dat hierdie manne van die Galil groter sondaars was as almal van die Galil omdat dit met hulle gebeur het?
3 Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal net so vernietig word.
4 Of daardie agttien wat dood is toe die toring van Shiloag op hulle geval het; dink julle dat hulle meer sondig was as al die mense wat in Yerushalayim bly?
5 Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal net so doodgaan.”
6 Hy het hierdie vergelykende storie vertel: “’n Sekere man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.