21 Dit is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate (13,5 liter) meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.”
22 Hy het op Sy reis na Yerushalayim deur stede en dorpe gegaan en geleer.
23 ’n Man vra vir Hom of daar dan min is wat die Lewe het.
24 Yeshua sê vir hulle: “Stry hard om in te gaan deur die smal poort, want, sê Ek vir julle, baie sal probeer om in te gaan en sal nie kan nie.
25 Die tyd kom wat die Meester van die huis sal opstaan en die deur sluit en julle sal buite staan en begin om aan die deur te klop en te sê: ‘Ons Meester, ons Meester, maak vir ons oop.’ Hy sal antwoord en vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan is nie.’
26 Dan sal julle begin sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink en U het op ons strate geleer.’
27 Hy sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie, vanwaar julle is nie. Gaan weg van My, julle werkers van die leuen!’1 Kor 15:24,25