4 Of daardie agttien wat dood is toe die toring van Shiloag op hulle geval het; dink julle dat hulle meer sondig was as al die mense wat in Yerushalayim bly?
5 Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal net so doodgaan.”
6 Hy het hierdie vergelykende storie vertel: “’n Sekere man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
7 Hy sê vir die wat die wingerd snoei: ‘Let op, vir drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Hoekom moet hy nog die grond onvrugbaar maak?’
8 ’n Snoeier sê egter vir hom: ‘Meester, laat hom nog een jaar staan terwyl ek hom snoei en kompos gooi
9 en miskien sal hy vrugte dra, anders kan u hom volgende jaar uitkap’.”
10 Terwyl Yeshua op die Shabbat in een van die bymekaarkomplekke geleer het,