1 Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is onmoontlik dat die geleenthede om te struikel nie sal kom nie, maar wee hom deur wie hulle kom.
2 Dit is beter vir hom as ’n maalsteen vir ’n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
3 Beskerm julle lewens. As jou broer sou sondig, bestraf hom en as hy berou het en omdraai, vergewe hom
4 en as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig en sewe maal op ’n dag na jou toe terugkom en sê: ‘Ek is jammer,’ moet jy hom vergewe.”
5 Die afgevaardigdes vra vir die Meester: “Vermeerder ons vertroue.”