10 “Twee mans het opgegaan na die tempel om te bid, die een ’n Fariseër en die ander ’n belastinggaarder.
11 Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie: afpersers, onderdrukkers, egbrekers en nie soos hierdie belastinggaarder nie.
12 Ek vas twee keer gedurende die week en ek gee ’n tiende van alles wat ek ontvang.’
13 Die belastinggaarder het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel oplig nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wys my, die sondaar, onverdiende guns!’
14 Ek sê vir julle, hiérdie man het onskuldig na sy huis gegaan, eerder as die Fariseër, want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”
15 Toe het hulle ook die babas na Hom toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak, maar toe die studentevolgelinge dit sien, het hulle hul verbied,
16 maar Yeshua self het hulle na Hom toe geroep en gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie wegstuur nie, want aan dié wat soos hulle is, behoort die Koninkryk van God.