1 Dit het gebeur in daardie dae dat daar ook ’n bevel uitgegaan het vanaf keiser Augustos dat al die lande in sy ryk opgeskryf moes word.
2 Hierdie eerste sensus het plaasgevind toe Quirinus geheers het oor Sirië
3 en almal het gegaan, elkeen om in sy stad geregistreer te word.
4 Yosef het ook opgegaan vanaf die stad Natzeret, in die Galil, na die stad van Dawid, in Y’hudah, wat Beit-Legem genoem word omdat hy van die huis en geslag van Dawid was,
5 om hom daar te laat registreer saam met Miryam, sy bruid, wat swanger was.
6 Dit was so dat terwyl hulle daar was, die tyd vervul is dat sy geboorte moes gee