17 en nadat hulle dit gesien het, het hulle die boodskap wat aan hulle bekend gemaak is aangaande Hom, dié Kind, bekend gemaak
18 en almal wat dit gehoor het, het hulle verwonder oor wat die skaapwagters aan hulle vertel het,
19 maar Miryam het al hierdie woorde bewaar en in haar gedagtes oordink.
20 Die skaapwagters het teruggegaan en God geëer, geloof en geprys vir alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.
21 Toe die agt dae vervul is waarop hulle die Kind moes besny, het hulle Hom Yeshua genoem, die Naam wat deur die boodskapper gegee is voor Sy vorming in die baarmoeder
22 en sodra die dae van haar reiniging, volgens die wet van Moshe, vervul was, het hulle Hom na Yerushalayim gevat om Hom op te dra voor יהוה,Eks 13:2, 12, 15
23 net soos geskrywe is in die wet van יהוה: “Elke manlike kind wat die baarmoeder open, sal afgesonderd vir יהוה genoem word”Lev 12:8