22 en sodra die dae van haar reiniging, volgens die wet van Moshe, vervul was, het hulle Hom na Yerushalayim gevat om Hom op te dra voor יהוה,Eks 13:2, 12, 15
23 net soos geskrywe is in die wet van יהוה: “Elke manlike kind wat die baarmoeder open, sal afgesonderd vir יהוה genoem word”Lev 12:8
24 en om die offer te bring volgens wat gesê is in die wet van יהוה: ‘ ’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.’
25 Daar was ’n man in Yerushalayim met die naam van Shim’on en hierdie man was regverdig, onpartydig opreg en het die Troos van Yisra’el verwag en die Gees van Afsondering was op hom.
26 Die Gees van Afsondering het aan hom openbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy Die Gesalfde Een van יהוה gesien het nie.
27 Gelei deur die Gees het hy in die tempel gekom en die ouers ontmoet wat die Kind, Yeshua, ingebring het om met Hom te doen volgens die opdrag van die wet
28 en hy het Hom in sy arms geneem en goed gepraat van God en gesê: