3 en almal het gegaan, elkeen om in sy stad geregistreer te word.
4 Yosef het ook opgegaan vanaf die stad Natzeret, in die Galil, na die stad van Dawid, in Y’hudah, wat Beit-Legem genoem word omdat hy van die huis en geslag van Dawid was,
5 om hom daar te laat registreer saam met Miryam, sy bruid, wat swanger was.
6 Dit was so dat terwyl hulle daar was, die tyd vervul is dat sy geboorte moes gee
7 en sy het geboorte gegee aan haar eersgebore Seun en Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek was om in oor te bly nie.
8 Daar was skaapwagters wat in die streek gebly het en in die nag oor hulle skape wag gehou het
9 en let op, daar staan ’n boodskapper van יהוה by hulle en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het oor hulle geskyn en hulle was baie bang.