32 ’n Lig vir openbaring aan die ander nasies en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid aan U volk, Yisra’el.”
33 Yosef en Sy moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom gesê is
34 en Shim’on het hulle geseën en vir Miryam, Sy moeder gesê: “Let op, hierdie Een is bestem vir die val en opstaan van baie in Yisra’el en bestem as ’n Teken wat weerspreek sal word,
35 maar ’n spies sal deur jou eie gees gaan sodat die gedagtes, wil en emosies van baie openbaar kan word.”
36 ’n Profetes, Hannah, die dogter van P’nu’el, uit die stam van Asher, was baie ver gevorderd in jare en het van haar huwelik af sewe jaar lank saam met haar man gelewe;
37 sy was ’n weduwee van ongeveer vier en tagtig jaar. Sy het nie die tempel verlaat nie en met vas en gebed, nag en dag gedien.
38 Sy het in dieselfde uur daar gestaan en יהוה gedank en aangaande Hom gepraat met almal wat die bevryding van Yerushalayim verwag het.