13 Die eienaar van die wingerd sê: ‘Wat sal ek doen? Ek sal my seun stuur vir wie ek lief is; sonder twyfel sal hulle hom sien en skaam wees.’
14 Toe die werkers hom sien, het hulle ondermekaar bespreek en gesê: ‘Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak sodat die erfporsie ons s’n kan wees.’
15 Hulle het hom buitekant, uit die wingerd gegooi en hom vermoor. Wat sal die eienaar van die wingerd daarom aan hulle doen?Rom 11:17
16 Hy sal kom en daardie werkers vernietig en die wingerd aan ander gee.” Toe hulle dit hoor, sê hulle: “’n Verwerplike gedagte!”Ps 118:22
17 Hy het na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken dan hierdie woord wat geskryf is: die Steen wat die bouers verwerp het, dit het die Hoof Hoeksteen geword?
18 Elkeen wat oor hierdie steen val, sal gebreek word, maar elkeen op wie dit val, dié sal hy uitmekaar laat spat.”
19 Die leierpriesters en die leraars van die wet wou op daardie oomblik die hande op Hom kry, want hulle het geweet dat Hy hierdie vergelykende storie op hulle gerig het, maar hulle was bang vir die mense