1 Yeshua het gekyk na die rykes wat hulle offers in die skatkamer gegooi het
2 en Hy sien ook ’n arm weduwee wat twee klein geldstukkies (shemonas) ingooi.
3 Hy sê: “Die realiteit, sê Ek vir julle, is dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het,
4 want hulle almal het uit die oorvloed wat hulle het by die offerkamer van God ingegooi, maar sy het uit haar behoefte, alles ingegooi wat sy besit.”
5 Toe sommige oor die tempel praat, sy mooi klippe en versierings van geskenke, sê Yeshua vir hulle:
6 “Die tyd sal kom dat al hierdie dinge wat julle na kyk afgebreek sal word en daar nie een klip op ’n ander gelaat sal word nie.”