19 Deur julle volharding sal julle jul lewe in besit neem
20 en wanneer julle sien dat Yerushalayim omsingel is deur troepe, dan moet julle weet dat sy vernietiging naby is.
21 Dan moet die wat in Y’hudah is, na die berge vlug en die wat binne is, ontsnap en die wat in die dorpies is, moenie daar ingaan nie,
22 want dit sal die dae van wraak wees sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.
23 Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae, want daar sal ’n groot lyding in die land wees en wraak oor hierdie volk.Rom 11:25
24 Hulle sal deur die punt van die swaard val en as gevangenes weggeneem word na al die streke en Yerushalayim sal vertrap word deur die nasies totdat die vasgestelde tyd van die ander nasies voltooid is.
25 Daar sal tekens wees aan die son, aan die maan en aan die sterre en op die aarde: die lyding van nasies en die saamgryp van hande oor die harde dreuning van die seeYes 13:10; Yo’el 2:31; Yo’el 3:15; Hag 2:6,21