29 Hy vertel vir hulle ’n vergelykende storie: “Let op na die vyeboom en al die bome,
30 dat, wanneer hulle bot, verstaan julle dadelik van hulle dat die somer naby is,
31 net so moet julle ook weet dat die Koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.Mat 24:34
32 Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie volksfamilie sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My boodskap sal nooit verbygaan nie,
34 maar wees versigtig in julle gees sodat julle verstand, wil en emosie nooit koud word deur brassery, dronkenskap en die bekommernisse van die wêreld en daardie dag julle skielik oorval nie,
35 want dit sal soos ’n valstrik kom oor almal wat oral op die aarde woon.