34 maar wees versigtig in julle gees sodat julle verstand, wil en emosie nooit koud word deur brassery, dronkenskap en die bekommernisse van die wêreld en daardie dag julle skielik oorval nie,
35 want dit sal soos ’n valstrik kom oor almal wat oral op die aarde woon.
36 Wees daarom te alle tye waaksaam en bid sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”
37 Gedurende die dag het Hy lering gegee in die tempel en snags het Hy uitgegaan en oornag op die berg wat die Olyfberg genoem word.
38 Al die mense het vroeg in die oggend na die tempel gekom om na Sy boodskap te luister.