1 Die Fees van Ongesuurde Brode, wat ook Pesag genoem word, was naby
2 en die leierpriesters en die leraars van die wet het ’n manier gesoek om Hom dood te maak, maar hulle was bang vir die mense.
3 Die teëstander het in Y’hudah, wat K’riot genoem word en een van die twaalf was, ingegaan
4 en hy het gegaan en met die leierpriesters, die leraars van die wet en kapteins van die tempelwag gepraat om Hom aan hulle oor te lewer.
5 Hulle was verheug en het met hom ooreengekom om vir hom geld te gee