13 Hulle het gegaan en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en die Pesagete voorberei.
14 Toe dit tyd was, het Yeshua gekom en aan tafel gaan skuinslê en die twaalf afgevaardigdes saam met Hom
15 en Hy sê vir hulle: “Ek het met ’n groot begeerte begeer om hierdie Pesagete, voor My lyding, saam met julle te eet,
16 want Ek sê vir julle: ‘Ek sal nie weer daarvan eet voordat dit in die Koninkryk van God volledige betekenis kry nie’.”
17 Hy vat ’n beker, dank en sê: “Vat dit en verdeel dit onder julle,
18 want Ek sê vir julle: Ek sal nie weer drink van die vrug van die wingerd totdat die Koninkryk van God gekom het nie.”
19 Hy neem brood en nadat Hy die dankgebed daaroor gebid het, breek Hy dit, gee dit aan hulle en sê: “Dít is My liggaam, wat in die plek van julle lewens gegee word; hierdie moet julle doen tot My gedagtenis.”Yir 31:30-34 die nuwe verbond in My bloed,Eks 24:3-8 wat om julle onthalwe gestort sal word.