2 en die leierpriesters en die leraars van die wet het ’n manier gesoek om Hom dood te maak, maar hulle was bang vir die mense.
3 Die teëstander het in Y’hudah, wat K’riot genoem word en een van die twaalf was, ingegaan
4 en hy het gegaan en met die leierpriesters, die leraars van die wet en kapteins van die tempelwag gepraat om Hom aan hulle oor te lewer.
5 Hulle was verheug en het met hom ooreengekom om vir hom geld te gee
6 en hy het ’n ooreenkoms met hulle aangegaan en na ’n geleentheid gesoek, sonder ’n skare, om Hom oor te lewer.Eks 12:3-14
7 Die Dag van die ‘Verwydering van Suurdeeg’ het aangebreek waarop dit gebruik was om die Pesaglam te slag
8 en Yeshua stuur vir Kefa en Yoganan en sê: “Gaan berei die Pesagete vir ons voor dat ons dit kan eet.”