26 maar so moet julle nie wees nie. Die grootste onder julle moet word soos die kleinste en wie ’n leier is, soos een wat bedien,
27 want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Ek self is egter onder julle soos Een wat bedien.
28 Dit is julle wat volhardend by My gebly het deur My toetsinge
29 en Ek belowe julle ’n Koninkryk, net soos My Vader My belowe het
30 sodat julle kan eet en drink aan My tafel in My Koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Yisra’el te oordeel.”`Am 9:9
31 Yeshua sê vir Shim’on: “Shim’on, let op, die teëstander het gevra om julle soos graan te sif,
32 maar Ek het vir jou gebid dat jou vertroue nie sal faal nie en as jy die dag herstel is, moet jy jou broers versterk.”