34 Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, Shim’on, die haan sal vandag nie kraai voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken nie.”
35 Hy sê vir hulle: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie, reissak of skoene, het julle enige tekort gehad?” Hulle antwoord: “Niks nie.”
36 Toe sê Hy vir hulle: “Van nou af, wie ’n beursie het, laat hom dit vat en so ook ’n reissak en wie nie ’n swaard het nie, moet sy baadjie verkoop en ’n swaard koop,Yes 53:12 want alles aangaande My, sal gebeur.”
37 want Ek sê vir julle dat ook dit wat geskrywe is in My vervul moet word: ‘En Hy is saam met wetsoortreders gereken,’
38 Hulle sê vir Hom: “Ons Meester, let op, hier is twee swaarde.” Hy antwoord hulle: “Dis nou genoeg!”
39 Hy het uitgegaan en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. Sy studentevolgelinge het Hom ook gevolg.
40 Toe Hy aankom op die plek, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie getoets word nie.”