36 Toe sê Hy vir hulle: “Van nou af, wie ’n beursie het, laat hom dit vat en so ook ’n reissak en wie nie ’n swaard het nie, moet sy baadjie verkoop en ’n swaard koop,Yes 53:12 want alles aangaande My, sal gebeur.”
37 want Ek sê vir julle dat ook dit wat geskrywe is in My vervul moet word: ‘En Hy is saam met wetsoortreders gereken,’
38 Hulle sê vir Hom: “Ons Meester, let op, hier is twee swaarde.” Hy antwoord hulle: “Dis nou genoeg!”
39 Hy het uitgegaan en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. Sy studentevolgelinge het Hom ook gevolg.
40 Toe Hy aankom op die plek, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie getoets word nie.”
41 Hy het Hom ’n klipgooi ver van hulle af onttrek, neergekniel, gebid
42 en gesê: “Vader, as U so wil, neem hierdie beker van My af weg! Laat dit nogtans wees volgens U wil en nie Myne nie!”