49 Toe die wat by Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: “Ons Meester, moet ons hulle met swaarde neerslaan?”
50 Een van hulle het die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy regteroor afgesny,
51 maar Yeshua het geantwoord en gesê: “Genoeg vir nou!” Hy het die oor van die een wat gewond is, aangeraak en hom gesond gemaak.
52 Yeshua sê vir hulle wat na Hom toe gekom het, die leierpriesters, oudstes en kaptein van die tempelwagte: “Het julle opgetrek teen My soos teen ’n rower met swaarde en knopkieries om My te vang?
53 Elke dag was Ek saam met julle in die tempel en julle het nie die hande aan My geslaan nie, maar hierdie is julle en die prins van die duisternis se uur.”
54 Hulle het Hom gevang en Hom gebring in die huis van die hoofpriester, maar Shim’on het op ’n afstand gevolg.
55 Hulle het ’n vuur in die middel van die binneplaas aangesteek en om dit gaan sit en Shim’on het saam met hulle gesit.