5 Hulle was verheug en het met hom ooreengekom om vir hom geld te gee
6 en hy het ’n ooreenkoms met hulle aangegaan en na ’n geleentheid gesoek, sonder ’n skare, om Hom oor te lewer.Eks 12:3-14
7 Die Dag van die ‘Verwydering van Suurdeeg’ het aangebreek waarop dit gebruik was om die Pesaglam te slag
8 en Yeshua stuur vir Kefa en Yoganan en sê: “Gaan berei die Pesagete vir ons voor dat ons dit kan eet.”
9 Hulle sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”
10 Hy antwoord hulle: “Let op, wanneer julle die stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat ’n erdekruik water dra, volg hom
11 en waar hy ook al ingaan, sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra: “Is daar ’n kamer waar Ek die Pesagete saam met My studentevolgelinge kan eet”?’