52 Yeshua sê vir hulle wat na Hom toe gekom het, die leierpriesters, oudstes en kaptein van die tempelwagte: “Het julle opgetrek teen My soos teen ’n rower met swaarde en knopkieries om My te vang?
53 Elke dag was Ek saam met julle in die tempel en julle het nie die hande aan My geslaan nie, maar hierdie is julle en die prins van die duisternis se uur.”
54 Hulle het Hom gevang en Hom gebring in die huis van die hoofpriester, maar Shim’on het op ’n afstand gevolg.
55 Hulle het ’n vuur in die middel van die binneplaas aangesteek en om dit gaan sit en Shim’on het saam met hulle gesit.
56 ’n Sekere slavin het hom by die vuur sien sit en nadat sy hom stip aangekyk het, sê sy: “Hierdie man was ook saam met Hom.”
57 Hy het dit ontken en gesê: “Vrou, ek ken Hom nie.”
58 Kort daarna sien ’n ander een hom en sê: “Jy is ook een van hulle.” Kefa antwoord egter: “Ek is nie.”