57 Hy het dit ontken en gesê: “Vrou, ek ken Hom nie.”
58 Kort daarna sien ’n ander een hom en sê: “Jy is ook een van hulle.” Kefa antwoord egter: “Ek is nie.”
59 Ná ongeveer ’n uur het ’n ander een daaroor gestry en gesê: “Sekerlik, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook van die Galil.”
60 Kefa antwoord: “Man, ek weet nie wat jy sê nie.” Onmiddellik toe hy praat, het ’n haan gekraai.
61 Yeshua het omgedraai en na Kefa gekyk en Shim’on het die woord van ons Meester onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal ontken.”
62 Shim’on het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.
63 Die manne wat Yeshua gevange gehou het, het Hom gespot, toegegooi,