66 Toe die dag breek, het die oudstes van die volk, die leierpriesters en die leraars van die wet vergader en Hom na die plek van hulle Raad gebring
67 en vir Hom gevra: “As U Die Gesalfde Een is, sê vir ons.” Hy antwoord hulle: “As Ek julle antwoord, sal julle My nie glo nie
68 en ook as Ek vra, sal julle My nie antwoord of loslaat nie.Ps 110:1
69 Van nou af aan sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van Die Krag (HaG’vurah) van God,”
70 Hulle vra almal: “Is U daarom die Seun van God?” Yeshua sê vir hulle: “Julle sê self אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees.”
71 Hulle het gesê: “Hoekom het ons nog getuies nodig, want ons het dit self uit Sy mond gehoor.”