9 Hulle sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”
10 Hy antwoord hulle: “Let op, wanneer julle die stad ingaan, sal ’n man julle ontmoet wat ’n erdekruik water dra, volg hom
11 en waar hy ook al ingaan, sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra: “Is daar ’n kamer waar Ek die Pesagete saam met My studentevolgelinge kan eet”?’
12 Let op, hy sal julle ’n groot bokamer wys wat gemeubeleerd is. Daar moet julle dit voorberei.”
13 Hulle het gegaan en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en die Pesagete voorberei.
14 Toe dit tyd was, het Yeshua gekom en aan tafel gaan skuinslê en die twaalf afgevaardigdes saam met Hom
15 en Hy sê vir hulle: “Ek het met ’n groot begeerte begeer om hierdie Pesagete, voor My lyding, saam met julle te eet,