24 Toe gee Pilatos uitspraak dat hulle eis toegestaan moes word.
25 Hy het dié een vir hulle vrygelaat wat oor opstand en moord in die tronk gegooi is, die een wat hulle gevra het, maar Yeshua het hy aan hulle wil oorgelewer.
26 Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ’n sekere Shim’on van Kurene, wat van ’n dorpie af gekom het en sit die hout op hom om dit agter Yeshua aan te dra.
27 ’n Groot hoeveelheid mense het Hom gevolg, asook vroue wat treur en oor Hom gehuil het.
28 Yeshua het Hom omgedraai na hulle toe en vir hulle gesê: “Dogters van Yerushalayim, moenie oor My huil nie, maar huil oor julleself en oor julle kinders.
29 Let op, daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Gelukkig is dié wat nie kinders kan hê nie, die baarmoeder wat nie geboorte gegee het nie en die borste wat nie gevoed het nie.’Hos 10:8
30 Dan sal hulle begin om vir die berge te sê: ‘Val op ons!’ en vir die heuwels: ‘Bedek ons!’