40 maar die ander een bestraf hom en sê: “Vrees en respekteer ook jy God nie terwyl jy onder dieselfde veroordeling is?
41 Ons tog regverdiglik, want ons ontvang wat ons verdien vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.”
42 Hy sê vir Yeshua: “Onthou my, my Meester, wanneer U in U Koninkryk kom.”
43 Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou vandag dat jy saam met My in die Paradys (Gan`Eden) sal wees.’`Am 8:9
44 Dit was ongeveer die sesde uur (twaalfuur middag) en daar het duisternis oor die hele aarde gekom, tot die negende uur (drieuur) toe.
45 Die son het donker geword, die gordynskeiding van die tempel het middeldeur geskeur
46 en Yeshua het met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “My Vader, in U hande lê Ek My gees neer!” Toe Hy dit gesê het, is Hy dood.