47 Toe die kaptein oor ’n honderd sien wat daar gebeur, het hy God geprys en gesê: “Waarlik, hierdie man was Die Onpartydige en Opregte Een.”
48 Al die mense wat bymekaargekom het vir die gebeurtenis, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het en weggegaan.
49 Almal wat Yeshua geken het, het op ’n afstand gestaan, asook die vroue wat Hom van die Galil af gevolg het, het hierdie dinge ervaar.
50 ’n Sekere man met die naam van Yosef, ’n lid van die Joodse Raad, van Ramatayim, ’n stad van Y’hudah, ’n goeie en regverdige man,
51 wat nie met hulle besluit en uitvoering saamgestem het nie, wat ook self die Koninkryk van God verwag het,
52 het na Pilatos gegaan en die liggaam van Yeshua gevra,
53 dit afgehaal, in linne toegedraai en dit in ’n graf gesit wat uit rots gekap was, waarin niemand nog ooit gelê het nie.