19 Hy sê vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Aangaande Yeshua, van Natzeret, wat ’n profeet was, kragtig in daad en boodskap voor God en voor die hele nasie.
20 Hoe die leierpriesters en leiers Hom oorgelewer en veroordeel het tot die dood en Hom gekruisig het.
21 Ons het ’n versekerde verwagting gehad dat dit Hy was wat Yisra’el sou bevry en let op, dit is reeds drie dae nadat al hierdie dinge plaasgevind het.
22 Sommige vroue uit ons geledere het ons ook verstom nadat hulle vroeër by die graf was
23 en toe hulle Sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook engele daar gesien het wat sê dat Hy lewe.
24 Sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue gesê het, maar hulle het Hom nie gesien nie.”
25 Toe sê Yeshua vir hulle: “O, onverstandiges, met verstand, wil en emosie wat stadig is om alles wat die profete gesê het te vertrou!