2 en gevind dat die steen voor die graf weggerol is.
3 Hulle het ingegaan en nie die liggaam van Yeshua gekry nie.
4 Terwyl hulle gewonder het hieroor, let op, staan daar twee manne oor hulle en hulle klere was glansblink.
5 Hulle het baie bang geword en met hulle gesigte na die aarde gebuig. Die manne sê vir hulle: “Waarom soek julle Die Lewe tussen die dooies?
6 Hy is nie hier nie; Hy het opgestaan. Onthou wat Hy vir julle vertel het toe Hy nog in die Galil was:
7 Hy het gesê: ‘Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word en op die derde dag sal Hy opstaan’.”
8 Die vrouens het Sy woorde onthou.